‘n Wynbottel se skelet is hard het ek eendag in ‘n uitkak gedig gelees. Ek het nie die gedig verstaan nie, en weet gevolglik nie waaroor ek uitgekak is nie, maar die woorde het my bygebly.
Ek kom tuis na ‘n mislukte jagtog en sien waar die dief my kitare deur ‘n oopgebreekte agterdeur uitgedra het. Ek sit en speel met die idee om my dayjob te los en my heil te gaan soek in Mosambiek, en dan laat weet my bra my dat hy uit sy werk is. Ek kry ‘n miskien moet ons liewer net vriende wees speech by my hart se punt en tussen dit alles raak ‘n goeie nagrus ‘n trein wat ek lankal nie meer kan vang nie.
Saam my bra die bergklimmer sit ons dikwels en droom oor ‘n eenvoudiger lewe, een waar mens kan gaan bergklim of kitaar slaan, en more oggend wakker word sonder daai knop in die maag.
As kinders het ons almal gedroom oor brandweerman word, ‘n singer te wees, of om ‘n wildbewaarder te wees, maar die tyd is niemand genadig nie. Almal van ons trek soggens ons sunday go to meetings aan, sit ‘n wyle en die verkeer, en verkoop dan ons siele vir ‘n ander ou se bankbalans.
Die grootste nagmerrie van bandspeel is om jou toerusting droog te hou van ander mense se drank. Mens verwilder wild en wakker almal wat naby die makeshift stage kom waar jy die aand jou pitte verdien. So speel ons een aand aan die weskus en ek betrap ‘n man op die stage agter die mike en spreek hom toe in my beste Frans aan. Effens oorbluf se hy vir my, Maar ek doen niks, ek verbeel maar net.
Dis daai droom wat somehow bly voortleef, daai een wat mens try versuip elke aand na sononder. Maar snaaks genoeg, party drome kan swem.
En daarom drink ek wyn.
‘n Bottel wyn se skelet is hard
Maart 5, 2011 by Kaalvoet