David Kramer sing jare oor watter nare plek Bloemfontein is. Valiant sing later oor sportskarre wat sukkel in die slowlane. Ek, na vele besoek aan dié plek, kan ook nie verstaan hoekom die plek gebou is nie. Vir een, Fisantekraal vliegveld is groter as Bloem Internasionaal. EN vir twee, hoekom de moer sal enige mens dit goed dink om ń eks-riool sloot in ‘n Waterfront omskep, en dit bonop Loch Logan doop. ‘n Skotse naam. Ek het so paar teoriee.
- Hulle het ‘n plek nodig gehad vir Thaba Nchu Sun se werknemers om te bly.
- Dit was een van die spoorwee se fokkops. Bloemfontein was eintlik bedoel om in die Noorde van Johannesburg te wees.
- Dit was ‘n handige plek om al die ou presidente te vernoem.
Nog redes hoekom Bloemfontein nie lekker is nie:
- Die beskikbaarheid van wyn is baie swakker as in die Boland
- Hier is te veel one ways
- Daar is een straat wat reg in die rondte loop.
- GPS vang nie op nie.
- Die meisies, selfs die meisies van die nag, dra onderrokke
- Selfs die N1 hou net verby.
- Die rose laat my nies.
Absolute sinnelose bleddie plek dié, sê ek jou.