Die manier wat jy uit ‘n situasie kom is soms meer belaglik as die situasie self. My ma reken dis my makabere sin vir humor wat my regop hou.
My vriend die digter laat geen geleentheid verby gaan om te vertel hoe ek en die band een warm Sondagmiddag in Bart Tavern staan krieket kyk het terwyl Etienne sy hart uitsing. In ons verdediging, die gig was nie so interessant nie, daar wees girls om mee te flirt nie, en dit was die laaste gig op die toer. Ons het al die tunes geken.
Net so sit ek een aand en Moulin Rouge kyk saam met ‘n voormalige girlfriend van my, en eerlikwaar, dis een van die boringste stories wat ek nog ooit gekyk het. Ek het toe my tyd verwyl deur te kyk hoeveel keer ek deur Nicole Kidman se bra kan sien. Dis immers ‘n mooi vrou.
My dayjob dwing my gereeld om ure in meetings te sit en luister na ander mense se issues. Ek het elke oomblik daarvan gehaat, tot die mooiste girl wat ek uit die Vrystaat ken my eendag leer hoe om Spot the Porn te speel. Deesdae love ek meetings, al kyk mense my weird aan as ek begin giggel as mense goed soos erecting the scaffold sê.
Ek het myself onlangs ontferm oor ‘n jong kollega, en toe hy kla dat een van ons kliente baie sexier oor die foon klink as wat sy regtig is, herinner ek hom daaraan dat sy ‘n pragtige borsmaat het.
Ek moes giggel toe hy Woensdag by my lessenaar kom staan en terloops opmerk: “Kaalvoet, van jy my gese het van Lorainne (*) se borsmaat kan ek nie ophou kyk nie.”
(*) skuilnaam