Feeds:
Bydraes
Kommentare

Ons gaan nóú boer

Daar kom ‘n tyd elke man se lewe, waar hy dit noop ‘n nuwe motorfiets, boot of skelmpie aan te skaf. Ander manne is nou nie so oor die plesiere van die vlees nie, en wil dus effens afskaal, jy weet, die mooi dinge van die lewe geniet, en plaas van die nommerplate op die snelweg dophou (ek weet nog steeds nie waar die term vandaan kom nie, ‘n man staan meestal geparkeer op die goed). Ander manne – soos die uwe – neem groot besluite. Die uwe gaan nou boer.

In Gauteng, net so voor ‘n man die Noordwes slaan, daar lê ‘n lappie grond. En op daai lappie grond gaan daar nou vis en groente geboer word.

 

Advertisements

“Het jy al jou tyres afgeblaas? Myne is op 1 bar.”

“Ek het al ja. Ek moet nog check, kan ek gou jou gauge leen?”

En so begin alle 4×4 byeenkomste. So, en met ‘n seremoniele skep van Moed. Die presiese kombinasie van die moed hang af van die spesifieke byeenkoms.

Dan is daar natuurlike die gebruiklike, en verpligtende gespottery:

“Buurman, het die Landy van jou olie in? Ek sien dan niks drup nie?”

“Ja, mens kan mos nie die goed buite jou kamervenster parkeer nie, hulle staan en breek so, jy sal nooit kan slaap nie”.

Maar dan, op een gegewe oomblik begin die lang slang 4×4’s rigting vang na die eerste hindernis toe. En dan stop die slang, en elke ou kry sy beurt om sy staal te wys, e natuulik, as iemand te lank vat na een van die agterstes se sin, dan kom dit weer gemaak kwaad van agter af: “WATSE MOUTER HET DAAI DING IN? ‘n FORD?”

En dan soos wat die Klippies deur die Drif, Olaf Bergh vloei, begin die manne hulle staal al hoe meer deeglik wys. En dis dan wanneer jy vir jou ‘n hele 4×4 kan opbou uit die parte wat jy in die pad optel.

So sit ek rustig een teug aan ‘n Perdeberg Chenin Blanc agter op Oom Mossie se Toyota terwyl ons in die Breederivier vallei rondkerjakker, terwyl die son my bleek gelaat bloedrooi grimeer en ek merk terloops op: “Jirre Oom Mossie, dis darem mooi hier.”

“Ja, ou Kaalvoet,” seg hy, “Gelukkig gebruik hulle dit vir wynmaak”.

Roekeloos in Richmond

So bel my bra, Die Digter, my een middag (van sy first cherrie of love se foon af natuurlik) om te hoor of ek sy backtrack kan kom wees by die Richmondfees in Oktober. Ek aanvaar natuurlik die uitnodiging, want na wat ‘n Bekende Sangeres my laas gese het (jy’s gefokkenfire, en toe sluk sy nog OBS) is ek redelik verveeld. En, saam met dit, was ek nog nooit ń digter se backtrack nie, en ek was nog nooit dieper in Richmond in as die Engen nie.

Van die Noorde, kom my bra, Die Digter van Dronkwordspruit, my tjommie Niel Tweesluk van Harrebeespoortdam en die twee grapjasse Melt en Hannes. Van die Suide slaan ek en die Broers Akkedis die pad, hulle in hulle Isuzu Frontier en ek in my Bonzai Isuzu.

John, ons weldoener, het ons almal in een van sy vele wonings op Richmond gevestig. Ek het aangedring om op die bank te slaap, want anders voel dit nie soos vakansie nie. Selfs iemand soos ek wat rondvlieg en op mense skree vir ‘n lewe het rus vir die siel nodig.

Daar is nie veel anders om op Richmond te doen as om jou shows te doen en jouself te vergryp aan een of ander aardse ding nie. En, aangesien die son daarop aandring om voor brekfis al op te kom (die kaapse son het in daai opsig darem maniere), begin die vergryp ook al redelik vroeg.

Ek staan die oggend en tuur in die straat af met my Brekfis-hansa. Dit was vermoedelik Saterdag, want die supermark oorkant die pad (Percy se plek) het groot aftrek gekry. Daar was baie ooms met netjies gekapte hare en tannies met gedoende hare. Alles,met die stadigheid en statigheid wat mens sal verwag van ń Saterdagoggend in ‘n vooraanstaande Karoodorp soos Richmond.

En toe stap die een Broer Akkedis met sy lang hare en swart skinny jeans oor die pad en neem ń lang teug van sy bier voor hy sy kitaar uit die bakkie laai.

David Kramer sing jare oor watter nare plek Bloemfontein is. Valiant sing later oor sportskarre wat sukkel in die slowlane. Ek, na vele besoek aan dié plek, kan ook nie verstaan hoekom die plek gebou is nie. Vir een, Fisantekraal vliegveld is groter as Bloem Internasionaal. EN vir twee, hoekom de moer sal enige mens dit goed dink om ń eks-riool sloot in ‘n Waterfront omskep, en dit bonop Loch Logan doop. ‘n Skotse naam. Ek het so paar teoriee.

  1. Hulle het ‘n plek nodig gehad vir Thaba Nchu Sun se werknemers om te bly.
  2. Dit was een van die spoorwee se fokkops. Bloemfontein was eintlik bedoel om in die Noorde van Johannesburg te wees.
  3. Dit was ‘n handige plek om al die ou presidente te vernoem.

Nog redes hoekom Bloemfontein nie lekker is nie:

  1. Die beskikbaarheid van wyn is baie swakker as in die Boland
  2. Hier is te veel one ways
  3. Daar is een straat wat reg in die rondte loop.
  4. GPS vang nie op nie.
  5. Die meisies, selfs die meisies van die nag, dra onderrokke
  6. Selfs die N1 hou net verby.
  7. Die rose laat my nies.

Absolute sinnelose bleddie plek dié, sê ek jou.

Dit was al goed herfs toe ou Frans by my oupa, ń afgetrede boer, op die plaas kom werk vra het. Ek onthou hoe hy so skaam om die draai kom stap het, doodbang vir my ouma se baster foksie se gegrom. Frans was ook al goed in sy jare. My oupa, pas sonder hulp na hy vir Afrika na die vorige Sondag se gerumoer verjaag het en reg in die middel van sy boontjie oes huur net daar vir ou Frans.

Ek en my pa het die Saterdag oggend Frans se karige trek gaan haal en met die laaislag gesien hier kom dalk fout. Sien, ou Frans het niemand niks gese van ou Soufie nie, en toe sy sommer met die stopslag my pa berispe “oor die baas dan nou laat is” moes ons eintlik sommer net daar gery het. Ongelukkig, nog net die Kirstens het al toe selfone gehad. My oupa sou ongelukkig geraak het as ons sonder sy arbeidsmag by hom op die plaas terugkom.

So daar sit my oupa toe met ou Frans en Soufie. Frans het so manier gehad om veral op ‘n Maandagoggend in die werf ingeswaai te kom en dan vir my oupa te se:”Ek het nou juis vermore vir Soufie gese…” Nou as Frans nou juis vermore vir Soufie gese het, is enige kanse dat iets gaan gebeur anders is my oupa wat sy moer voor teetyd strip, uiters skraal. Frans het ook gereeld op ‘n Sondag huilend kom klop aan die kombuisdeur ,”want Soufie oubaas, Soufie, sy was gesuip, oubaas, en toe slaan sy gisteraand al die ruite uit, oubaas en nou is dit so koud…”. As dit een keer was, was dit maklik 100 keer. Paarl Glas het later uit gewoonte Maandae gebel om te hoor hoeveel ruite.

My oupa het later ‘n paar blanks gaan koop, en as dit te rumoerig raak, so paar skote in die lug afgevuur. Dit het gewoonlik gehelp, tot ons later by my pa se werksmense hoor van die “rowwe oubaas, jirre, hy skiet sommer vir ou Frans as die man net ‘n bietjie lyf het.” Oupa het toe maar opghou om vir Frans te skiet.

Maar mens se hart moet ook breek. Ou Frans en Soufie het een Saterdagoggend toe Oupa en Ouma regstaan vir dorp toe ry trots, hand-aan-hand kom aanstap in die werf met Ŕ200, wat duidelik al lank onder die kooi gebere word en gereeld getel word en gevra: “As oubaas nou weer met die bakkie dorptoe gaan of Oubaas nie vir ou Frans ‘n spreekbare kooi kan koop nie.”

Small things

Die manier wat jy uit ‘n situasie kom is soms meer belaglik as die situasie self. My ma reken dis my makabere sin vir humor wat my regop hou.

My vriend die digter laat geen geleentheid verby gaan om te vertel hoe ek en die band een warm Sondagmiddag in Bart Tavern staan krieket kyk het terwyl Etienne sy hart uitsing. In ons verdediging, die gig was nie so interessant nie, daar wees girls om mee te flirt nie, en dit was die laaste gig op die toer. Ons het al die tunes geken.

Net so sit ek een aand en Moulin Rouge kyk saam met ‘n voormalige girlfriend van my, en eerlikwaar, dis een van die boringste stories wat ek nog ooit gekyk het. Ek het toe my tyd verwyl deur te kyk hoeveel keer ek deur Nicole Kidman se bra kan sien. Dis immers ‘n mooi vrou.

My dayjob dwing my gereeld om ure in meetings te sit en luister na ander mense se issues. Ek het elke oomblik daarvan gehaat, tot die mooiste girl wat ek uit die Vrystaat ken my eendag leer hoe om Spot the Porn te speel. Deesdae love ek meetings, al kyk mense my weird aan as ek begin giggel as mense goed soos erecting the scaffold sê.

Ek het myself onlangs ontferm oor ‘n jong kollega, en toe hy kla dat een van ons kliente baie sexier oor die foon klink as wat sy regtig is, herinner ek hom daaraan dat sy ‘n pragtige borsmaat het.

Ek moes giggel toe hy Woensdag by my lessenaar kom staan en terloops opmerk: “Kaalvoet, van jy my gese het van Lorainne (*) se borsmaat kan ek nie ophou kyk nie.”

(*) skuilnaam

Ek blameer die winter vir dit, maar dit voel vir my gewoonlik hier laat in Julie as die wereld op my gaan neertuimel. Dis normaalweg dan wanneer ‘n hele jaar se kak en hare op my gemoed neertuimel en dit voel asof die son nooit weer gaan opkom nie. En snaaks genoeg, geen hoeveelheid wyn kan mens uit dit haal nie.

Maar dis snaaks hoe mens gemoedrus vind in eenvoudige goed. Ek en my digterbra kuier iewers in my donker wolk by ons bra, die drummer/skilder. En, my aand kan net nie spoed vang nie. En op ‘n kol sê die skilder vir my, “don’t worry bra. It’ll turn out OK. Ons is almal hier, ons is veilig. Gooi nog hout op die vuur, ek gooi vir jou nog ‘n glas wyn.” En dit alles sonder dat ek hom vertel het van die orkaan in my gemoed.

Net so, toe ek gereken het ek gaan my polse afkou toe ek weereens die miskien-moet-ons-net-vriende-wees talk kry. Ek gaan sit toe en mor by my tjommie, die skrywer-surfer, en hy sak my af met “aag fok haar bra.”

Ek het sweerlik gedink my lewe gaan eindig toe ‘n doos een naweek my kitare in my afwesigheid kom haal het. Ek kry nog steeds nagmerries oor toe ek my voordeur oopstoot en die kaal muur sien waar my kitare was. Maar nou die dag, toe Oom Johan my bel, en sê die twee Westones is nog daar, toe skyn die son darem weer tussen die wolke deur.

Ek glo dat daar in elke situasie ‘n tipe van ‘n oomblik is wat dit maak of breek. Soms lê die oomblik in ‘n glas wyn na jou drummerbra jou half vaderlik gerus gestel het. Soms le dit in die goedgetaaimde f-woord waarmee jou skrwyerbra uit jou morbs haal. Soms is dit bloot die eerste twee luie van die oproep waarmee ‘n wildvreemde oom jou bel en sê dat jy maar altwee Westones kan kry vir ‘n spesiale prys.

Nou die aand, na ‘n lang nag se onrustig slaap, droom ek in ‘n kort stukkie slaap hoe ek en my oorle oupa uiteindelik die Farmall Regular gestart kry.

Ek het wakker geword en geweet dinge gaan OK wees.