Feeds:
Bydraes
Kommentare

‘n Wynbottel se skelet is hard het ek eendag in ‘n uitkak gedig gelees. Ek het nie die gedig verstaan nie, en weet gevolglik nie waaroor ek uitgekak is nie, maar die woorde het my bygebly.
Ek kom tuis na ‘n mislukte jagtog en sien waar die dief my kitare deur ‘n oopgebreekte agterdeur uitgedra het. Ek sit en speel met die idee om my dayjob te los en my heil te gaan soek in Mosambiek, en dan laat weet my bra my dat hy uit sy werk is. Ek kry ‘n miskien moet ons liewer net vriende wees speech by my hart se punt en tussen dit alles raak ‘n goeie nagrus ‘n trein wat ek lankal nie meer kan vang nie.
Saam my bra die bergklimmer sit ons dikwels en droom oor ‘n eenvoudiger lewe, een waar mens kan gaan bergklim of kitaar slaan, en more oggend wakker word sonder daai knop in die maag.
As kinders het ons almal gedroom oor brandweerman word, ‘n singer te wees, of om ‘n wildbewaarder te wees, maar die tyd is niemand genadig nie. Almal van ons trek soggens ons sunday go to meetings aan, sit ‘n wyle en die verkeer, en verkoop dan ons siele vir ‘n ander ou se bankbalans.
Die grootste nagmerrie van bandspeel is om jou toerusting droog te hou van ander mense se drank. Mens verwilder wild en wakker almal wat naby die makeshift stage kom waar jy die aand jou pitte verdien. So speel ons een aand aan die weskus en ek betrap ‘n man op die stage agter die mike en spreek hom toe in my beste Frans aan. Effens oorbluf se hy vir my, Maar ek doen niks, ek verbeel maar net.
Dis daai droom wat somehow bly voortleef, daai een wat mens try versuip elke aand na sononder. Maar snaaks genoeg, party drome kan swem.
En daarom drink ek wyn.

Advertisements

Oom Stapper

Die hele issue of oor Facebook bevorderlik is vir kommunikasie sal sekerlik lank ‘n brandpunt bly onder kwasie-filosowe soos ek. Ek verkyk my altyd aan die ondersteuingsgroepe vir verskillende causes wat so opspring na alek gebeurtenis. Verskynsels soos dat ons regse jeug nie kan spel nie, en frustreerde white liberals is ook glad nie ongekend nie. Koos Kombuis sing in “Jy was nog nooit in Langstraat as dit reen nie” oor ‘n vermoedelik voormalige vriend van hom: ” Dik gerook op goedkoop zol, sit en stuur jy eposse die wereld vol.” Ek het al baie gewonder hoekom mense die behoefte het om laatnag by die glim van hulle rekenaarskerm te sit en hulle lewens uit te saai. Die teendeel is ook waar. Mense sit en spaai op ander mense. Dis asof hulle ‘n real life sepie wil kyk.

Tog, as ek ‘n paar wyne onder die blad het, en ek begin so paar staaltjies vertel, luister almal. Dit blyk dus duidelik dat die behoefte aan stories nog steeds daar is. Ek sit byvoorbeeld gisteraand by my buurman Goodstuff en betwis juis hierdie punt. Ek was van mening dat die karakters weg is, daar is nie meer mense om stories oor te vertel nie. Wel, miskien is die karakters nog steeds daar, maar daar is niemand om die storie te vertel nie, want almal is by die huis besig om te Facebook. Ek weet nie.

Dit alles ter syde, op Keetmanshoop het ‘n Oom Stapper van Wyk gebly. Oom Stapper het buite die dorp by die Fichts se quarry gewerk en natuurlik soontoe gestap elke dag.

Die storie loop dat Oom Stapper Kaap toe gestap het. So in die Suiwes son al met die teerad langs het oom Stapper met sy Grashoppers gestap.

‘n Jong meisie, vermoedelik van Windhoek af oppad Stellenbosch toe stop toe langs Oom Stapper en bied hom ‘n geleentheid aan, waarop Oom Stapper kordaar antwoord :” Nee dankie, sussietjie, ek is haastig.”

Lady

Van Riversdal af tot by Humansdorp is ‘n lang end, veral vir kinders, en veral op ‘n Sondagnamiddag saam met Lady, die poedel, op die agterseat.
Maar as die oudste suster daar bly, dan mens elke nou en dan daar gaan kuier vir ‘n Sondagskaapboud, aartappels en rys.
Oom Roelf het vertel van Oom Wilhelm, sy ma se jongste broer, wat op ‘n stadium, by hulle gebly het. Hy moes uit die aard van die saak elke Sondag saampiekel Humansdorp toe en oppad terug, as die boud begin saamgesels het daar onaardige klanke in die Valiant begin rondhang. As Oom Wilhelm, wat agter by die kinders moes sit, begin halstarrig raak, het hulle almal opeens saamgestem:” Nee Oom Wilhelm, dis nie ons wat poep nie, dis Lady.”
Dan se Oom Wilhelm:” Issie. Issie die hontie. Die hond se poep smaak bitter.”

Ou Petsertjie

Ek wis al ‘n wyle van my buurman Goodstuff se wyle Oom Roelf. oom Roelf was ‘n diener in Riversdal/Stilbaai se wereld. Naas rockstars soos ek, het poliesmanne seersekerlik die beste stories.

Na ‘n lang nag se poliesman wees op Riversdal, so op drie slukke van die laaste koffie voor hulle van diens af gaan, word hulle uitgeroep na ‘n moordsaak. Toe oom Roelf op die scene aankom, is dit toe ‘n selfmoordsaak, en bonop ‘n paar dae oud al.
Jong poliesmanne se maag stoot nog in hulle kele op as hulle op ou lyke afkom, en die nag was lank, en polieskoffie gee sooibrand. Al genade daai tyd van die nag is ‘n skoon brannewyntjie.
Die twee beraadslaag toe en besluit Oom Andries sal kan help. Almal weet Oom Andries drink konstant brannewyn en hy skuld hulle juis nog van laasnaweek na die klubrugby se huistoevat.
By Oom Roelf aangeklop, maak die tannie in haar japon die kombuisdeur oop en Oom Andries skree uit die kamer uit: “Ja, kom in, kom in!”
Toe die twee in die kamer instap, le Oom Andries op die bed, met die bottel Limousine langs die bed op die vloer. Oom Andries, ‘n man vol deernis, skink toe vir elke man ‘n dop en die twee jong dieners sluk in stilte hulle mage uit hulle kele uit.
Toe hulle mage weer sit waar dit hoort, vertel Oom Roelf vir Oom Andries van Petsertjie se selfmoord, en hulle die half ontbinde lyk opgehang agter die deur gekry het, en dat hulle jammer is hulle pla so laat.
Seg oom Andries:” Ou Petsertjie? Wat?! Ek ken vir ou Petsertjie al jare, en dis die eerste keer wat hy so iets doen!”

Ek weet mens moenie lag nie, maar soms kan mens net nie help nie. Daar is goed wat mens as algemeen of vanselfsprekend beskou, wat nie so algemeen vir ander is nie. Fnb het dis mos goed gedink om hulle plattelandse vleuel toe te maak. Seg een klient:”Hulle kan nie die bank toemaak nie! Wie gaan ons nou help met die masjien?”

My pa laai my sus nou die dag op Skelmbos af, en stop by my Spar vir brood en ‘n kouk. Voor hom in die tou staan ‘n oom, duidelik van iewers ver af, waarskynlik van een of ander dorp in die Noordkaap of Vrystaat waar FNB hulle tak gesluit het. Die oom het al sy inkopies op die toonbank gepak en geduldig gewag voor hy trots sy kredietkaart uit sy wallet haal.

Die dame agter die till vra ewe beleefd: “Budget of straight meneer?”

Waarop die oom antwoord:”Lyk ek vir jou soos ‘n donnerse moffie?”

My pa se almal tot onder by die brood het gelag.

ABOIII

Mense glo my nie, maar ek is eintlik Engels, wel te minste 55%. My pa se familie is engels, en almal se ek aard na hom. My pa se familie kom uit die Kolonie uit, en hyself was pakke-pakke Engels, tot daar een of ander misverstand in st9 was. Sedertdien is hy Afrikaans. Behalwe as hy briewe vir die hoof skryf oor hoekom hy reken sy seun behoort gemoer te word.

My moeder weer se kant kom reguit uit die konsentrasiekampe uit. My eie Oupagrootjie Hansie was op St Helena. Hoewel my pa en ma nou al ‘n wyle getroud is, en my pa nie meer Afrikaans met ‘n aksent praat nie, is daar steeds kort-kort so mini boereoorlog aan die gang. Na ons familiebesoek aan die Vrouemuseum in Bloemfontein, het hulle vir ‘n week nie gepraat nie.

Oupa Hansie het destyds op hulle troue 96 geword, of soos ek vir Oupa Hansie ken, het hulle op sy 96ste verjaarsdag getrou. Die was ‘n moerse Bolandse troue, kompleet met die goue dennebolle en die opsters koek, reg in die middel van die ou Transvaal. Daar was dus hier en daar tekens van gemoedere, maar oor die algemeen niks wat mens kan skinder oor agterna nie.

So, kom al die heildronke, en toesprake, en die mense raak al meer gemoedelik. En na dit alles, gee Oupa Hansie te kenne dat hy ook iets wil se.

Nou Oupa Hansie was nie ‘n man met wie jy stry nie. Hy sal reg oor Seepunt se hoofstraat loop en net die karre met sy kierie op die bonnet tik as hulle vir hom kom. Hy wil ook mos loop. In ‘n nuwe huis sal hy al die teels wat nie reg was is nie, met sy kierie breek. Want sy seun Jurie is ‘n bouer, en hy sou nie so gebou het nie. Niemand het dus met Oupa Hansie gestry toe hy sy aanstaltes maak na die mikrofoon toe nie.

Sy toespraak lui as volg: “Op hierdie dag, taggentag jaar gelede, het ek my eerste Kakie geskiet,” en hy gaan sit.

highways en parking lots

Ek is nie skaam om te erken dat die Kaap vol foute is nie. Ek meen, daar is meer wyn as wat ons kan opdrink, berge wat ons uitsig belemmer, ‘n see vol haaie en allerhande ander goed wat jou tot raserny dryf, maar na vandag in Jozitown, kla ek nooit weer daaroor nie.

Ek kan glo dat Johannesburg destyds ‘n oulike myndorpie was. Een van daai met die sinkgeboutjies en die perdekarre in die straat. Ek kan glo dat dit rustig was, behalwe vir die odd barfight en Jameson-inval. En namate die mense meer geraak het, het die plek gegroei tot die nou al ‘n groot stad is. En glo dit of nie, die plek is nog nie klaar nie, hulle bou verwoed.

Waar die fout ingekom het, is toe hulle deurmekaar geraak het met die fyn lyn tussen ‘n parkeerterrein en ‘n snelweg. Die twee lyk baie dieselfde. Altwee is swart met wit strepe. Die een het car guards, die ander een spietkops. Die een het winkels, die ander in vulstasies. Maar waar jy moet versigtig wees, snelwee is vir ry, en parkeerterreine vir stop. En dis belangrik om nie deurmekaar te raak nie.

Mens kan nie net loop in ‘n parkeerterrein hier nie. Die mense sal jou moer bitter stamp. Maar daarmee kan mens leef. Mens moet net vinnig wees, dan mis hulle jou.

Maar vanaand, toe ek vergeefs by die lughawe probeer uitkom, oor daar ‘n lorrie iewers geparkeer staan in die pad, hoe ek ‘n vrou dop wat langs die pad stap. Kompleet met die kind op die ryg en die sak op die kop. Ek het haar bewonder vir hierdie besondere vaardigheid en haar agterna gestaar, tot sy uiteindelik buite sig verdwyn het.

En met al daai hel is my donnerse vlug nou met twee ure vertraag. Wee’ jy!